Maak pak chips fyn gebruik ¾ van chips en meng al die bestanddele goed deur. Hou res van chips eenkant!
Basiese rys:
1½ koppie rys gekook in beefstock.
Braai 1 groot gesnipperde ui saam met bossie pietersielie tot sag en voeg gaar rys by, geur met sout en peper na smaak!
Rooi soetrissie rys burger:
My eie ekstra bestanddeel is Rooi soetrissie.
Sny kop van rooi soetrissie af en hol uit. Braai ekstra gesnipperde soetrissie in olie tot sag en voeg by rysmengsel, vul die rooi soetrissie met gegeurde rys. Maak redelike groot patty van maalvleismengsel wat op die soetrissie pas, rol die patty in chips. Braai die patty vinnig in bietjie olie beide kante tot goudbruin, plaas op die soetrissie en bak in oond teen 180ºC vir 30 minute . Bedien met mosterdsous.
Resep en foto: Gigi Robinson









Haha Rina baie dankie, maar ek het net bedoel dis nou eintlik Baie maalvleis vir 1 pepper burger! 🙂
Ek gaan ook my eie kombinasies probeer en sal terugvoer gee aan julle 2. Dankie vir die resep.
Ek moet net meld dat ek 4 verskillende maalvleis disse uitgetoets het met die hoeveelhede bestanddele!
Dis reg Gigi, en almal is ewe pragtig, as jy wil kan jy de ander vir ons op die blad sit anders sal ek dit later doen. Baie baie dankie vir jou pragtige foto’s en resepte