PORKY GOES TO THAILAND
4 Pork Banger worsies
1 eier, geklits
1 klein pakkie Lays chips, green onion flavour, fyngemaak
Chinese Noodles, genoeg vir 2
2 preie (leeks), in repies gesny
1 klein blikkie (165 ml) coconut melk
Thai green curry paste
Dhunia blareGooi kookwater oor die Chinese Noodles, kook vir 2 minute en laat staan ± 10 minute en dreineer.
Druk die worsvleis uit die Por Bangers en maak 4 klein frikkadelletjies van elke worsie.
Dip frikkadelletjies vinnig in geklitste eier en rol dan in die fyn chips. Braai in klein bietjie olie tot gaar en plaas op handdoekpapier.
Braai die preie vinnig tot bruin en amper gaar. Roer die Thai Green kerriepasta daarby en voeg die coconut melk by, roer deur en laar effens reduce, kook vir so 5 minute.
Bedien die Thai green kerriesous op die noodles saam met die frikkadelletjies, garneer met lekker baie dhunia. En dit het heerlik gesmaak! My man is mal oor die frikkadelletjies, ek is aangesê om dit vir padkos te maak as ons weer iewers heen gaan… soos Blouberg toe op ‘n Sondagmiddag… 20 minute se ry.
Resep en foto: Louise Groenewald








