ROOI SOETRISSIE RYS BURGER

Red peper rys burger - gigi
ROOI SOETRISSIE RYS BURGER
Basiese Maalvleis
1 Kg Beesmaalvleis
2 eiers
1 groot fyngesnyde uie
Vars pietersielie opgekap
Lays Sout en Asyn Chips
2 eetlepels tamamtiesous
1 eetlepel WoRstersous
1 teelepel vars knoffel
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 teelepels koljander
½ teelepel Rooipeper
½ teelepel kaneel
½ teelepel gedroogde rooi rissie
½ teelepel naeltjies
Sout en peper en Aromat
Kookolie

Maak pak chips fyn gebruik ¾ van chips en meng al die bestanddele goed deur.  Hou res van chips eenkant!
Basiese rys:
1½ koppie rys gekook in beefstock.
Braai 1 groot gesnipperde ui saam met bossie pietersielie tot sag en voeg gaar rys by, geur met sout en peper na smaak!
Rooi soetrissie rys burger:
My eie ekstra bestanddeel is Rooi soetrissie.
Sny kop van rooi soetrissie af en hol uit.  Braai ekstra gesnipperde soetrissie in olie tot sag en voeg by rysmengsel, vul die rooi soetrissie met gegeurde rys.  Maak redelike groot patty van maalvleismengsel wat op die soetrissie pas, rol  die patty in chips.  Braai die patty vinnig in bietjie olie beide kante tot goudbruin, plaas op die soetrissie en bak in oond teen 180ºC vir 30 minute . Bedien met mosterdsous.
Resep en foto: Gigi Robinson