

RICE KRISPIE-KOEKIES
MAAK + 200 koekies
500 g margarien
4 koppies suiker
2 teelepels vanilla
4 koppies klapper
4 koppies rice crispies
4 koppies hawermout
5 koppies meelblom
2 teelepels sout
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda gemeng met bietjie melk
4 eiers, voeg sodamelk by
Room margarien en suiker.
Voeg vanilla en eiers by, en dan ander bestanddele in volgorde.
Meng goed. Maak balletjies en druk plat met vurk.
Bak by 180°C vir sowat 12 min.






