KARAMEL MELKTERT
250 g tennisbeskuitjies, fyn gedruk
200 g botter, gesmelt
1,5 liter (6 koppies) melk
200 g suiker
3 groot eiers
100 g koekmeel
100 g mielieblom (Maizena)
10 ml (2 teelelepes) vanielje-ekstrak
50 g botter
ekstra 250 ml (1 koppie) melk
1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding
250 ml (1 koppie) room
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
1 blok (90 g) melksjokolade
Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van ’n diep, vierkantige 30 cm-bak vas. Laat koel af tot benodig.
Verhit 1 liter (4 koppies) van die melk met die suiker 10 minute in ’n groot mikrogolfbestande bak.
Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 koppies) melk, meel, mielieblom en vanielje-ekstrak in ’n ander bak tot glad.
Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf 12 minute terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is. Klits die botter in en laat afkoel.
Klits die ekstra melk en kitspoeding saam. Klits die room in ’n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in.
Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, smeer die karamelkondensmelk oor die vl, en maak glad, skep dan die kitspoedingmengsel bo-op. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag.
NOTA: Die lede op die groep voel dat mens 1 eier meer moet gebruik vir die vla om dit lekker te laat stol of extra groot eiers.
Foto: Marietjie Nel en Charleen Nieuwenhuizen
Carleen Schutte: wil net se ek het die karamelkondensmelk by die gekliktste roomkaramelmengsel gevoeg en goed gemeng en lae gemaak.









