VERSIERSEL
250 g sunshine D margarine
500 g versiersuiker
1 teelepel vanilla geursel
4 eetlepels melk
Klits eers die margarien tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en klits tot dit lig van kleur en baie fluffy.
Indien dit nog te styf lyk, voeg eetlepels gewys melk by, en klits weer tot dit slap genoeg is om lekker te kan smeer.
En mens kan dit verander na sjokolade of lemoenkoek toe.
Vir sjokolade voeg net 2 opgehoopte eetlepels kakao by in die vloeistof mengsel, en verhit dit. En jy sit kakao in by die versiersel.
As jy lemoenkoek wil maak gebruik jy 1 teelepel fyngerasperde lemoenskil ipv vanilla geursel.
Gebruik 1 ½ koppies vars uitgedrukte lemoensap ipv melk.
Resep: Naudéa Visser
2de foto: Marié Fourie
Chocolate koek gebak met Tannie Wyna se vanilla koek resep op die blog.
Ek het net kakao by gesit soos resep lees. Het ‘n bar one sjokolade gesmelt en bo oor die versiersel gedrup en sjokolade gerasper en bo oor gestrooi.










geskuif
Marié Fourie
Het cupcakes gebak met TANNIE WYNA SE VANILLA KOEK hier op die blog….Het baie lekker uit gekom. Het +-12 groot cupcakes per koek beslag gekry. Beslag bietjie dun maar werk wonderlik. Het chocolate beslag gemaak en stukkies choc chips in elke cupcake gesit en 25 minute gebak 180 oond.
Marié Fourie
Het vandag TANNIE WYNA SE VANILLA KOEK op die blog gebak….Lekker maklike basiese, ekonomiese resep en kan ook gebruik word vir sjokolade koek of lemoen koek. Sal beslis weer maak.