TANNIE WYNA SE VANILLAKOEK

2013-07-17-tanniewynasevaniljekoektested
TANNIE WYNA SE VANILLAKOEK
Hier is die resep
1 ½ koppies suiker
4 ekstra groot eiers
1 teelepel vanilla geursel
Klits die 3 bestanddele saam tot lig en fluffy omtrent 10 min lank.
2 koppies koekmeel
2 opgehoopte eetlepels maizena
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
Sif die bestanddele saam en klits dit in die eierbeslag in.
Verhit die volgende 3 bestanddele tot alles warm en gesmelt is:
1 ½ koppies melk
2 eetlepels kookolie
2 eetlepels margarineGiet die vloeistof op die deeg en vou dit baie goed in.
Verdeel die beslag in 2 gesmeerde koekpanne wat uitgevoer is met waspapier en bak vir 25-30 min by 180ºC.

VERSIERSEL
250 g sunshine D margarine
500 g versiersuiker
1 teelepel vanilla geursel
4 eetlepels melk

Klits eers die margarien tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en klits tot dit lig van kleur en baie fluffy.
Indien dit nog te styf  lyk, voeg eetlepels gewys melk by, en klits weer tot dit slap genoeg is om lekker te kan smeer.

En mens kan dit verander na sjokolade of lemoenkoek toe.
Vir sjokolade voeg net 2 opgehoopte eetlepels kakao by in die vloeistof mengsel, en verhit dit. En jy sit kakao in by die versiersel.

As jy lemoenkoek wil maak gebruik jy 1 teelepel fyngerasperde lemoenskil ipv vanilla geursel.
Gebruik 1 ½ koppies vars uitgedrukte lemoensap ipv melk.

Resep: Naudéa Visser
2de foto:  Marié Fourie
Chocolate koek gebak met Tannie Wyna se vanilla koek resep op die blog.
Ek het net kakao by gesit soos resep lees. Het ‘n bar one sjokolade gesmelt en bo oor die versiersel gedrup en sjokolade gerasper en bo oor gestrooi.