

PIZZA DEEG
Ek maak die pizza vreeslik baie en is werklik lekker!
5 koppies koekmeel
10 ml sout
1 pers pakkie Anchor kits gis
Meng bogenoemde goed saam.
1 koppie kookwater
50 ml suiker
80 ml olyfolie
Voorverhitte oond tot 200°C.
Klits saam en voeg een koppie koue water by.
Voeg die lou warm oplossing by die droë bestandele.
Meng goed deur en knie tot dit nie meer aan hande vassit.
Sny in 4 ewe groot balle en rol uit op meelbestrooide oppervlak tot sirkels (dis jumbo) groot pitzas.
Meng een blikkie tamatie en uiesmoor met ‘n pakkie garlic and redwine.
Mikrogolf vir 2 minute tot dik. Smeer oor pizza en bak in meelbestrooide pizza pan.
Ek bak dit net so sonder ‘n vulsel. Bak eers al die basisse klaar.
Dan as hulle mooi liggeroosterde kleur kry, haal ek uit sit vulsel van keuse op en bak net tot die kaas gesmelt het.
Ek gebruik baie graag Tussers kaas eerder as mozzerella. Dis baie smaakliker en is ook n wit kaas.
BRON: Ancoise Strydom






