Daar is nie ‘n resep nie, ek het uie, prei en knoffel gebraai, skep die helfte van die uiemengsel onder in die prutpot, sit die heel aartappels bo-op die uiemengsel, heel onder, pak die beesvleisblokkies op die aartappels en die res van die uiemengsel bo-op. Plaas die wortelringe bo-op. Maak ‘n pakkie beef and onion soppoeier aan met so 250ml water, giet dit bo-oor.
Sit die pot op “slow” en gaan slaap.
Volgende oggend sit sampioene en ertjies by, en draai die pot op “auto” vir so 2 ure. Proe vir sout, en pas aan indien nodig.
Lekker basmati rys gekook en daar is alles sommer in een pot en heerlik, met ‘n lekker dik sous.
Ek hou van die feit dat die slow cooker nie jou aartappels stukkend kook nie, en jou ertjies en wortels bly so mooi kleur.
NOTA: Mens kan groenbone ook insit saam met die wortels en jy kan ook enige soetrissies saam met jou uie braai
Geniet dit baie!!
Resep: Rina Kleinhans








