Lensies, 500 ml
Ui, 1 groot
Wortel, 1
Seleryloot, 1
Botter of vet, 2 eetlepels
Spek, 125gm in blokkies gesny
Meelblom, 2 eetlepels
Vleisekstrak, 12 koppies
`n Hambeen (gerookte vark)
Aartappels, 2 middelslag
Weense worsies, 12
Week die lensies oornag in water.
Die volgende dag, stowe die fyngekapte groente (met uitsondering van aartappels) met die botter en spek 15 minute lank oor lae hitte
Roer die meel glad daarin en voeg dan die geweekte lensies by.
Meng goed, en voeg vleisekstrak en hambeen by. Stowe `n uur lank en voeg dan die aartappels by, en kook nog `n halfuur.
Voeg gekookte worsies, in skywe gesny, by en dis op.
Foto: Elize du Toit








