

KERRIEVINKEL EN KOPKOOL
1 middelslag kopkool
1 middelslag vinkelbol
2 uie, fyngekap
2 groot knoffelhuisies, gekap
500 ml suiker
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
30 ml mielieblom
625 ml asyn
3 ml sout
Sny kool en vinkel in dun repe. Kook vinnig in klein bietjie kookwater, met toe deksel en 10 ml botter, 5-10 minute.
Braai uie en knoffel vinnig ligbruin in bietjie botter, meng res van die bestanddele by en kook 8-10 minute op matige hitte.
Gooi oor gedreineerde groente en kook stadig saam vir 5 minute.
Jy kan ook sampioene by resep inwerk, dis regtig lekker. ENJOY!
Ek gaan vanaand weer die resep maak en sal dan die foto opsit. Dis heerlik!
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter






