Verhit olie, gooi die komynsade, kardamoms, lourierblare, kerrieblare, kaneelbas en kojandersade daarin. Wanneer sade begin skiet, voeg die gemmer, koffel en uie puree by en roer oor hoë hitte tot lig bruin. Sit die garam masala, leaf masala, borriepoeier, paprika, rooipeperpoeier en rajah kerrie by en meng deur.
Voeg die vleis en beefblokkie by en roer deeglik deur op hoë hitte. Roer die die fyngekapte tamaties by.
Plaas die aartappels bo-op en roer liggies. Laat prut in die pot vir so lank as nodig, tot alles gaar en sag is. Bedien met Basmati rys.
Onthou al die bykomstighede by hierdie kerrie gereg: klapper, piesang en van ouma se tuisgemaakte blatjang
Foto en resep geplaas deur Linda Venter








