MIELIERYS EN WATERBLOMMETJIE BOBOTIE
½ koppie droë appelkose gesnipper en geweek in ½ koppie lou melk
1 koppie ekstra melk
250 g waterblommetjies
1 sny witbrood
1 groot ui in ringe gesny
20 ml botter
20 ml kerriepoeier
10 ml borrie
1 kg maalvleis
½ koppie rosyne
1 appel geskil en gerasper
10 ml sout
3 eiers
250 gaar mielierys
3 suurlemoenblare
Week appelkose in melk.
Kook waterblommetjies in water vir 10 min.
Dreineer en hou eenkant.
Week witbrood in 2de lot melk, druk melk uit en maak fyn.
Soteer uie in botter tot deurskynend.
Voeg kerriepoeier en borrie by en braai 2 min.
Voeg maalvleis by en soteer vir 3 min.
Voeg gedreineerde appelkose, rosyne,appel en sout by en roer tot gaar.
Klits eiers en res van die melk saam, voeg bietjie borrie by melkmengsel.
Meng vleismengsel, mielierys, brood en waterblommetjies saam en sit in swart platboom ysterpot.
Giet melkmengsel bo-oor, druk suurlemoenblare in en sit deksel op.
Bak vir 40 min by 180ºC of tot eier gestol is.
Nota:
Ek gaan myne in ‘n bak sit met bietjie water.
Kan ook oor warm kole gebak word, eers van onder vir 30 tot 40 min. Plaas ‘n paar kole op deksel en bak vir nog 20 min.
Foto en resep geplaas deur Elsa Van Antwerpen Kleinhans








