

GEVULDE PIZZA BROODJIES
Ek het dit gemaak, het pizza deeg gebruik. Rol die deeg uit dat dit nie te dik is nie.
Druk sirkels uit vir onder, sit op jou bakplaat, en sit dan jou vulsel bo-op soos verkies – enige iets … ons het gebruik: Mozzarella, tamatie, pepperoni, en bacon klein gesny. Alles moet reeds gaar wees wat jy as vulsel gebruik.
Druk groter sirkels uit en sit bo-oor die vulsel, druk mooi vas rond om. Smeer bietjie melk bo-oor en bak by 180 grade C vir 15 min of tot lekker bruin en gaar.






