UIETERT / TARTE AUX OIGNONS
Rol broskorsdeeg uit (jy kan ook ‘n pakkie deeg by die supermark koop) en voer ‘n gesmeerde tertbak daarmee uit.
Braai 500 ml gekapte uie in botter tot dit net begin deurskynend raak.
Geur met sout, peper en ‘n knippie rooipeper.
Gooi die uie op die tertkors uit.
Klop 5 eiers saam en gooi oor die uie.
Bak die tert by 200°C vir 5 minute.
Stel die hitte laer tot by 160°C en bak tot die eiers gestol het en effen ligbruin begin raak.
Bedien die tert saam met braaivleis, of selfs enige geregte.
Foto: Marie Rheeder Troskie
Nota: EK HET NOU NET DIE UIE TERT GEMAAK EN IS HEERLIK, EK HET N HALWE BROOD DEEG GEVAT VIR DIE TERT BAK.
DEEG EERS ALLEEN IN OOND OP 160 grade C BIETJIE GAARGEMAAK VIR PLUS MINUS SO 7 MINUTE TOE DIE VULSEL INGESIT.
Geskuif