ROGMEEL-EN-SADE-BESKUIT
Lewer 84 stukke (vry van koring, eiers en melk)
750 g rogmeel
100 ml glutenpoeier
30 ml bakpoeier
10 ml sout
150 ml klam bruinsuiker
60 ml sonneblomsaad
60 ml lynsaad
60 ml sesamesaad
30 ml papawersaad
270 ml margarien gesmelt (250 g)
650-750 ml water
Sif die meel, glutenpoeier, bakpoeier en sout saam om goed te meng. Voeg die suiker by en meng goed.
Meng margarien en water en voeg by die droe bestandele, meng tot ‘n sagte, klewerige deeg. Voeg meer water by indien nodig. Skep die deeg in 2 gesmeerde rolkoekpanne en maak gelyk bo-op.
Bak 45-50min by 180ºC tot goudbruin en gaar.
Laat afkoel, sny die beskuit en droog 8 uur lank by 80ºC
VARIASIE: Vervang die water met melk, dan is die beskuit nie melkvry nie.
Voeg 2 geklitste eiers by die bottermengsel, dan is die beskuit ligter maar nie eiers vry nie
Die beskuit is redelik hard, die margarien kan vermeerder word tot 400 g, maar dan is die beskuit baie ryk.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans







