ROGMEELVINGERS
42 Stukke
3 eiers geskei
100 ml witsuiker
35 ml sonneblomolie
75 ml water
25 ml gouestroop
knippie sout
200 ml rogmeel (100 g)
Smeer en voer ‘n rolkoekpan met twee lae waspapier.
Klits die eierwitte tot styf. Klits die suiker baie geleidelik by om ‘n stabile meringue te vorm. Klits die eiergele geleidelik by. Meng die olie, water en stroop en voeg dit geleidelik teen lae spoed by die eiermengsel. Sif die rogmeel en sout saam. Voeg die meel in drie dele, by die eiermengsel terwyl teen lae spoed geklits word.
Giet die beslag in die voorbereide pan, maak die deeg versigtig gelyk en bak vir 40 – 45 min in ‘n voorverhitte oond by 160ºC tot goudbruin en ferm wanneer met die vingerpunt getoets word. Laat staan die gebak vir 5 min in die pan om af te koel.
Keer dit uit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel. Sny die koek in 3 stroke en 14 vingers per strook. Droog vir 4 – 5 ure uit in die oond by 80ºC.
Nota – Hierdie beskuit is iets tussen ‘n baie ligte beskuit en ‘n sponskoekie, dit kan ook gebruik word as basis vir ‘n tert.
Resep: Rina Kleinhans