HEERLIKE MALVA POEDING
Resep en foto: Ronel de Villiers
FOOD LOVERS RECIPES
2 ekstra groot eiers
250 ml suiker
500 ml koekmeel
10 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
knippie sout
10 malvalekkers, in kwarte gesny (ek gebruik die klein malvalekkers 40 van hulle)
250 ml melk
25 ml asyn
10 ml vanilla
Sous:
200 ml suiker
500 ml melk
125 ml botter
10 ml vanilla
Klop eiers en suiker tot lig en donsig. Sif droë bestanddele, voeg malvalekkers by vou in mengsel in, voeg asyn, melk en geursel by en meng goed.
Skep in oondvaste bak en bak vir 30 min by 180ºC.
Sous – verhit alles saam in kastrol oor matige hitte tot suiker opgelos is tot kookpunt, kook 3 min. Skep oor poeding wanneer dit uit oond kom.
Vingerlek lekker.








