HOENDERPOTJIE MET IDEAL MELK
12 stukkies hoender
1 blikkie pynappel
1 blikkie sampioene
1 pakkie wit uiesop
1 pakkie beesstertsop
1 blikkie Idealmelk
geel Aromat
braaivleis speserye
groente van eie keuse
5 uie
1 pakkie streep spek
Vryf braaivleis speserye in vleis.
Braai uie en spek in 30 ml olie.
Voeg pynappelsap by en dan vleis. Kook vir 20 min.
Voeg aartappels by en kook nog 10 min.
Meng sop met Idealmelk en voeg by. Voeg dan groente by en kook stadig tot gaar. Oppas dit brand vinnig.
Tweede foto en resep geplaas deur Lida Pieterse
Foto van resep: Marlize Williams