HOENDER, BILTONG EN SPEK POTJIE
(6 tot 8 porsies)
Ek besef biltong is duur en mens wil dit eerder met ‘n knipmes in die hand geniet terwyl Breyten Paulse die driëe inruig. Indien jy egter ‘n stukkie klam beesbiltong kan afstaan en jy beproef hierdie resep, sal jy voortaan niks anders vir jou rugbygaste tydens rustyd bedien nie. Hier kom hy Pale toe!
Sous
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 koppie) kookwater
500 ml (2 koppies) droe witwyn
250 ml (1 koppie) blatjang
46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5 ml (1 teelepel) gedroogde tiemie
5 ml (1 teelepel) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 teelepel) suurlemoenpeper
Hoendergereg
15 ml ( 1 eetlepel) olyfolie
15 ml (1 eetlepel) botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
10 ml (2 teelepel) gekapte knoffel – opsioneel
2 uie, in ringe gesny
½ groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250 ml ( 1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
125 ml (½ koppie) vars, gekapte pietersielle
Sous:
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.
Hoendergereg
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarnedie aartappled en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 uur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig.Voeg die sampioene, murgpampoentjies en biltong by. Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.
Resep geplaas deur Heiner Lange








