

SMUL-SAGOPOEDING IN DIE PRUTPOT
Resep: Esmari Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep is uiters ekonomies, absoluut kinderspeletjies om te maak en fluweelsag op die tong.
½ pakkie sago (250 g) – oornag in water geweek (dreineer)
80 g botter
1 liter volroom melk
1 koppie suiker
2 teelepels vanilla geursel
4 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
fyn kaneel
Klits, eiers, botter, suiker en konfyt saam.
Roer alles saam en skep in prutpot.
Strooi kaneel bo-oor.
Stel prutpot op auto en bak vir omtrent 3 ure.
Bedien met appelkooskonfyt, vla, roomys-njammie.
NS: Ek was te haastig om die sago eers te laat week – het sommer die sago saam met 375 van die melk vir 4 minute in die mikrogolf gedruk om sag te word. Toe die botter en suiker bygeroer en die klonterigheid weggeklits.
Die finale resultaat was ‘n laag sago onder, en ‘n heerlike fluweelsagte vla-lagie bo.
Ek weet nie of dit is hoe dit moet kom nie, maar dit was HEERLIK!!!






