Smeer ‘n 600 ml glasbak goed met botter. Meng die appelkooskonfyt en suurlemoensap en plaas dit in die bak. Room die suiker en margarine totdat dit lig is en klop die eiers geleidelik by. Vou die meel in en plaas die mengsel in die bak. Maak dit glad bo-op. Bedek dit met gesmeerde waspapier en ‘n gevoude foeliedeksel. Laat die bak op ‘n flesdeksel in die prutpot staan. Voeg genoeg water in die pot sodat die bak halfpad in die water staan. Sit die deksel op en kook vir 3-4 ure op HOOG. Keer die poeding met behulp van ‘n mes op ‘n opdienbord uit.







