LEKKER GROENTE SOP
Ongeveer 500 g lamsvleis/beesvleis (lekker bene vleis)
1 ½ koppies droë sopmengsel (Lensies, ertjies of gemeng ens)
2 liter kookwater
1 blik geskilde tamaties
1 groot ui fyn gekap
2 aartappels gerasper
4 wortels gerasper
1 ½ koppies gekapte seldery
½ koppie leeks
1 pakkie groentesoppoeier
Sout, peper en worcestersous na smaak
Ander kruie soos pietersielie ens na smaak
Plaas al die groente en sopmengsel in die slow cooker en sit die vleis bo-op. Maak die soppoeier aan met water en gooi oor die vleis en groente. Sit die slow cooker op ‘LOW’ en laat dit prut deur die nag vir ongeveer 10 ure. Of sit die slow cooker op “AUTO” voor jy werk toe gaan en die sop sal na 8 ure reg wees. Indien jy meer geurmiddels verkies, sit dit by voor opdiening. Hierdie sop kan deur die liquidizer gesit word vir ‘n gladde sop, en indien die sop te dik is kan jy bietjie water bygooi.
Bron: Rina Kleinhans
Foto: Nadine Nortier