Ons koop gewoonlik ‘n lekker grote skaapboud (So R300), en dan lê ek dit in rooi druiwesap, tiemie, knoffel, bietjie mosterd, gekapte uie, wortels en seldery vir so 2 dae. Plaas die vleis met sous en al in die slow cooker oornag op “low”, en so uur voor ons eet dan haal ek dit uit die slow cooker en roast dit in oond tot die vet lekker crispy is en bruin.
Ek gebruik die sous van die slow cooker en gebruik somer ‘n hand blender om alles te blend. Dan sit ek bisto by. Baie lekker. Ek moet sê as ‘n chef het ek altyd skaapboud in die oond gemaak, maar nie meer nie. Die slow cooker maak die sagste en lekkerste skaapboud.
Yummy
Resep: Chantelle Myburgh








