VOLKORINGBESKUIT VIR DIABETE
250 g margarien
375 ml laevet karringmelk
125 ml semels
800 ml volkoringmeel
125 ml All Bran vlokkies
125 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
5 ml sout
90 ml fruktose
Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
Meng die droë bestanddele.
Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om ‘n sagte deeg te vorm.
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
Bak teen 180ºC vir 50 minute. Laat afkoel.
Sny in beskuite. Droog teen 80ºC vir 8 uur of in lou oond.
Lewer ongeveer 50 beskuite
Resep: Jenny van der Westhuizen
Foto: Fred Zeelie (lid)
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.








