

ROL BROODJIE
¾ pak deeg (ready made deeg by kafee)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas
Voorverhit oond tot 200° C.
Rol deeg uit.
Smeer tamatie puree oor deeg.
Braai spek en ui en smeer oor.
Sprinkel kaas oor.
Rol deeg in lengte op soos swiss rol.
Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak.
Bak ± 30 minute.
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik.
Bron: Joey Kruger






