ROMERIGE RYSPOEDING IN DIE PRUTPOT
(4 Porsies)
600 ml melk
50 g rys
50 g strooisuiker
15 g botter
neutmuskaat na smaak
Plaas die melk, rys en suiker in ‘n kastrol en laat kook. Roer deur, Giet in prutpot, plaas klontjies botter bo-op en bestrooi met bietjie neut. Sit die deksel op en kook vir 5-6ure op LAAG. Roer af en toe.







