KORSLOSE HOENDER PASTEI
1 heel hoender
2 eiers
¼ koppie mayonnaise
1 koppie gekoote rys
2 pakkies Simba chips
1 steel selery
1 blikke room sampioene sop
1 pakkie sampioen soppoeier
1 ui
1 koppie ertjies
hoender aftreksel
melk en water
gerasperde kaas
Kook hoender en sny in fyn blokkies.
Kook eiers hard en sny fyn.
Druk Simba chips fyn.
Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met melk en die ander helfte met water.
Kap ui fyn en en braai in botter.
Meng alles behalwe aftreksel saam.
Plaas in oondbak.
Indien te droog voeg hoenderaftreksel by.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.
Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word.
Ontdooi en bak dan soos bo beskryf.
Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.
BRON: Lorna Whyte








