PAPTERT MET ROU MEEL
Ek het toe die paptert resep weer bietjie aangepas om my en my familie se smake te pas:
Braai saam:
2 fyngekapte uie
1 greenpepper in blokkies gesny
1 pakkie diced baconHaal van stoof af en gebruik sommer die pot om die vlg bestandele saam te meng:
1 blikkie sweetcorn
1 blikkie pitmielies
3 koppies mieliemeel
250 ml room
250 ml water
1 pakkie sampioene – in skyfies gesny
1 teelepel bakpoeier
1,5 teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 tamaties in blokkies gesny
Smeer/spuit pyrex bak met spray and cook en gooi beslag daarin. Bak @ 180 ºC vir ongeveer 1 uur. Strooi ongeveer 1 koppie kaas bo-oor – laat staan tot moet opdien en warm sommer op tewyl jy die kaas laai verbruin onder die grill HEERLIK en MAKLIK!
Resep en foto: Sunet Dodd









Die resep is baie dieselfde as my mieliebrood resep, klink net “slapper” met die meer vloeistof in, gaan hom beslis probeer.