
Gebruik ‘n no 3 tot 4 potjie. (10 tot 12 persone kan ruimskoots eet)
2 kg lamskenkels
sout en swartpeper na smaak
4 medium uie – opgekerf
4 knoffelhuisies – fyn opgekerf
2 x 410 g blikkie geskilde, opgesnyde tamaties
1 x 410 g blikkie chick peas
1 x 115 g blikkie tamatiepasta
1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny. Na dit gekerf is moet dit ongeveer 800 g weeg.
1 koppie beesaftreksel opgelos in 250 ml warm water.
½ koppie rooiwyn
2 teelepels komyn
2 teelepels gemaalde koljander
2 eetlepels heuning
6 lourierblare
3 eetlepels koekmeel
kookolie
Braai die vleis met ‘n bietjie olie in die ysterpot tot ligbruin. Sout en peper die vleis. Voeg ongeveer 400ml water by en kook die vleis oor matige kole vir 90 minute.
Braai intussen die uie saam met die koljander en komyn tot effe bruin in ‘n dikboom pan en voeg dan die knoffel by en braai nog effens. Meng nou stadig die beesaftreksel, heuning, wyn, tamatiepuree en tamaties in en stooi die meel oor terwyl aanhoudend geroer word. Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.
Nadat die vleis vir 90 minute gekook het, word die inhoud van die pan met die vleis gemeng en die chick peas en butternut bo-op die vleis geplaas. Sout liggies en kook vir nog 30 minute. Roer liggies deur en bedien.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans






