NEUTE LEKKERS
150 g sjokolade blok sjokolade
100 g neute – grof gekap (pekaneute of grondboontjies)
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.
Opsioneel: VERSIERING:
50 gr wit sjokolade
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is.
Bêre in lugdigte houer.
WENK= Moet net nie die gesoute grondboontjies gebruik nie, dit is nie lekker nie. Ek het die ongesoute gebakte grondboontjies gebruik, sonder die doppe.
Bron: Linda Venter








