

KERSFEES “PENNIE” POEDING
Handvol munte in kastrol water gekook vir min 10 minute, skrop deeglik af
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
100 g pekanneute, opgekap
250 g dadels, rof gekap
250 ml water
5 ml koeksoda
100 g sagte botter
200 ml strooisuiker
1 eier
Vir die stroop:
250 ml suiker
120 ml water
120 ml brandewyn ( die alkhol verdamp sodra dit kookpunt bereik, gee net die geur, dus gee gerus vir die kleinspan)
5 ml vanilla geursel
30 ml botter
½ teelepel fyn kaneel
Voorverhit oond na 180ºC
Berei oondvaste bak voor, smeer goed met botter.
Plaas dadels en water in kastrol, en laat vinnig kook vir 2 min.
Verwyder van plaat en voeg koeksoda by dadels, laat koud word.
Room saam botter, suiker en eiers.
Sif die koekmeel, bakpoeier saam en voeg by bottermengsel.
Voeg die koue dadelsmengsel by roer liggies deur.
Meng die neute by.
Giet mengsel in jou voorbeide oondpan.
Druk die munte oral binne die rou mengsel in.
Bak vir +- 1 uur lank, of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Plaas suiker, water, botter en vanilla saam in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat goed vir 10 minute kook, hou aan met roer.
Voeg die kaneel en brandewyn by, laat vinnig opkook roer aanhoudend vir 1 min. Giet oor poeding sodra uit oond kom
Resep geplaas deur: Carol Elliott Claassen






