

CHELSEA BOLLETJIE VIR DIE PASE
(12 bolletjies)
625 ml koekmeel
2 ml sout
50 ml strooisuiker
10 g kitsdroë gis
60 ml margarine
50 ml melk louwarm
1 groot eier geklits
Ongeveer 100 ml louwarm water
60 ml margarine
50 ml strooisuiker
5 ml kaneel
125 ml droë vrugtekoekmengsel
geklitste eier
BOLAAG
250 ml versiersuiker
kookwater
Meng meel, sout en 50 ml strooisuiker saam. Voeg droë gis by. Smelt 60 ml margarine in louwarm melk. Voeg melkmengsel, geklitste eier en genoeg louwarm water by die droe bestanddele om ‘n sagte deeg te vorm. Knie die deeg vir 10 min totdat dit sag en elasties is. Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak, maak toe met gesmeerde plastiek en laat rus vir 15 min. Knie die deeg af. Rol die deeg in ‘n vierkant van 45 cm. Smeer res van die 60 ml margarine op deeg en besprinkel metoorblywende 50 ml strooisuiker, kaneel en droë vrugte. Rol deeg op in ‘n rol (soos rolkoek). Sny die rol met ‘n skerp mes, in twaalf gelyke snye. Plaas die snye op ‘n gesmeerde bakplaat. Bedek met gesmeerde plastiek en plaas in ‘n warmplek om te rys tot dubbel in volume (ongeveer 20min) Verf met geklitste eier en bak in vooraf verhitte oond van 180°C vir 20-25min. Laat afkoel op draad rakkie. Maak bolaag deur versiersuiker in mengbak te sif en te meng met genoeg kookwater om ‘n sagte drupbeslag te vorm. Drup bolaag oor bolletjies sodra afgekoel.
Bron: Rina Kleinhans
Foto: Jeanette Martins






