


KERRIE MAALVLEIS
Hier is vir jou n treffer en baie maklik en vinnig.
2 kg maalvleis
1 kg wortelblokkies
1 kg aartappel blokkies
400 g uie
Kook maalvleis gaar met uie en 2 koppies water en 3 teelepels sout.
Maak wortels en aartappels apart gaar
Sodra vleis gaar is voeg 1 koppie appelkooskonfyt by.( begin met ‘n ½ koppie en pas aan na smaak as jy patats gebruik)
Voeg die wortels en aartappels by.
Meng volgende en voeg by.
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 eetlepel borrie1 koppie water
Voeg by vleismengsel en kook goed deur. Moenie ekstra water byvoeg nie, indien te dun, kan bietjie maizena bygevoeg word.
Geniet!
Resep: Ena Van Den Heever
Foto: Rina Kleinhans
Ek het patat en aartappel blokkies ingesit, bietjie fyn naeltjies en die sousie verdik met bietjie wituie soppoeier, so hand vol rosyne ook ingesit.
Baie lekker
2de foto: Zee Grobbelaar
Ek het net in die plek van die maalvleis kookvleis gebruik dit is heerlik lekker om bietjie iemand anders se kerrie te maak dankie







geskuif
Wilanda Räsänen
Heerlikke resep. Ek het Rina se advies gevolg met die patats en speserye. Ek persoonlik sal eers begin met 1/2 koppie appelkooskonfyt en dan nog byvoeg indien nodig. Die patats is soet en dit gee lekker smaak aan die kerrie.