Sous:
25 ml margarien
4 groot uie, gekap
25 ml koekmeelblom
125 ml asyn
15 ml suurlemoensap
750 ml water
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
37,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml blatjang
10 ml suiker
6 ryp piesangs
Stoofplaat en oond.
Die frikkadelle:
Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die frikkadelbestandele, behalwe die koekmeelblom. Vorm frikkadelle, rol dit in die koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Voorverhit die oond tot 190°C (375°F).
Die sous:
Verhit die margarien in ‘n kastrol en braai die ui daarin tot sag. Meng al ander bestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uie. Snipper nou twee van die piesangs en roer dit by die sous. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is. Sny die ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous bo-oor, bedek en bak 1½ – 2 uur tot gaar.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.
ALTERNATIEWE GAARMAAKMETODE:
Mikrogolf:
Die frikkadelle:
Net soos vir die oond, maar voeg 5 ml paprika by die koekmeelblom waarin die frikkadelle gerol word. Mikrogolf die frikkadelle 10 minute onbedek by 100% krag. Hergroepeer die frikkadelle na die eerste 6 minute. Sorg dat die buitenste frikkadelle nou in die middel is, en andersom.
Die sous:
Plaas die margarien en uie in ‘n groot glasbak en mikrogolf 5 minute onbedek by 100% krag. Meng die res van die sousbestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uiemengsel. Sny 2 van die piesangs in skyfies en voeg by die sous. Mikrogolf 7 minute by 100% krag. Roer na elke 2 minute.
Sny die ander 4 piesang in skyfies en versprei oor die frikkadelle. Giet die sous oor, bedek en mikrogolf 10 minute by 50% krag en daarna 5 minute onbedek by 100% krag.









geskuif
Ivanda Venter
Het hierdie gisteraand gemaak. Was heerlik. Net minder piesangs gebruik en dit was ‘n fout. Piesangs gee lekker smaak.