Meng goed en giet die sous oor die vleis in die bak (ek kook die sous voor die tyd en giet dit dan oor).
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160ºC.
Nota – Maak seker die oond is nie te hoog nie, die steak moet stadig gaar word, as die hitte te hoog is, gaan die room skei. Geniet!











Submitted
Christine Valetine
Hi Rina. Net om te laat weet die Hemelse steak is lekker van vries af.
wonderlik.. dit is goed om te weet het jy dit net natuurlik ontdooi of hoe het jy gemaak asb?
Ons het hom so gevries in oond gesit op 160° C was in oond vir omtrent 2 uur en 30 min
Hildegard Barry
Vries baie goed. Vries gereeld vir my kinders op universiteit
Hierdie is ‘n wenresep soos min! Ek het nie ‘n oond nie so ek maak dit in my slow cooker – maar dit is elke keer ‘n hemelse wenner. Baie dankie vir die fantastiese resep 🙂