1

HEMELSE STEAK

1209156_349458948522185_1407157138_ntested2015-10-12-hemelsesteak

HEMELSE STEAK

 1kg tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel, skud die ekstra meel af
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk
250 ml room
1 eetlepel worcestersous
1 eetlepel chutney
1 eetlepel tamatiesous
1 pakkie wit uie sop

Meng goed en gooi oor vleis in bak. (ek kook die sous voor die tyd en gooi dan oor)
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160 ºC.
Nota:  Maak seker jou oond is nie te hoog nie, die steak moet stadig gaar word, as jou hitte te hoog is gaan die room skei
Geniet!

Foto en resep geplaas deur Ansi Fourie Pypers Fourie en Benhet Nieuwenhuis