

HEERLIKE ROULADE
45 ml botter
60 ml koekmeel
250ml warm melk
125 ml gerasperde cheddarkaas
3 eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ‘n vel bakpapier met botter of olie en gebruik dit om ‘n middelslag-rolkoekpan mee uit te voer sodat die kante van die papier bo die rande van die pan uitstaan.
Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die koekmeel by. Verhit, terwyl jy roer, tot die mengsel borrel. Voeg die melk geleidelik by en hou aan roer tot die mengsel glad is en begin kook.
Verwyder van die hitte en roer die kaas en eiergele by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou ‘n groot lepel eierwit by die kaassous in om die mengsel ligter te maak. Vou nou die res van die eierwit versigtig in tot net deurgewerk. Skep die mengsel in die voorbereide pan en smeer gelyk. Bak vir 12-15 minute tot opgepof en goudbruin. Haal uit die oond en keer die rollade uit op ‘n skoon teedoek. Trek die bakpapier versigtig af en laat effens afkoel.
Smeer jou eie souterige vulsel of vulsel van jou keuse op en rol versigtig op
Resep: Maria Liebenberg






