VERSKILLENDE MARINADES VIR WILDSVLEIS
Die volgende marinades is heerlik vir wildvleis. Marineer die vleis `n dag of twee daarin.
MARINADE 1
2 uie, gekap
125 ml kookolie
2 takkies vars pietersielie, gekap
250 ml witwyn
30 ml asyn
2 lourierblare
sout en peper na smaak
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.
MARINADE 2
375 ml rooiwyn
125 ml asyn
1 ui, gekap
2 knoffelvingerstjies, gekneus
5 heel naeltjies
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en laat afkoel.
MARINADE 3
375 ml rooiwyn
125 ml asyn of 250 ml sjerrie
125 ml water
5 ml sout
2.5 ml swartpeper
2 lourierblare
6 heel peperkorrels
3 heel naeltjies
22.5 ml bruinsuiker
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en laat afkoel.
MARINADE 4
250 ml droë witwyn
500 ml appelkoos-, lemoen- of pynappelsap
30 ml sojasous
60 ml kookolie
1 lourierblaar
5 ml fyn knoffel
5 heel naeltjies
5 ml gemaalde gemmer
Meng alles saam. Geen kooktyd nodig.
Resepte: Carol Elliot Claassen