Kook broccoli net effens nie pap nie. Sit stukkies in slaaibak gooi gebraaide spekstukkies, druiwekorrels, kaasblokkies, ui, sampioene en manderinsegmente by, meng liggies.
SOUS:
125 ml suiker
1 teelepel mosterdpoeier
¼ koppie asyn
2 teelepels mielieblom
2 eiers
¼ koppie water
Meng alles goed, kook in mikrogolf tot dik. Roer kort kort, laat afkoel en voeg by 125 ml mayonnaise. Gooi bo-oor slaai.
Dit is ‘n ongelooflike mooi slaai in ‘n glasbak en baie lekker, ek maak dit al ‘n paar jaar.
Bron: Magda Augustyn









