BROCCOLI SLAAI MET MOSTERDSOUS

tested

BROCCOLI SLAAI MET MOSTERDSOUS
4 koppies broccoli
½ pak spekstukkies
druiwekorrels
blokkies kaas
2 koppies sampioene
410 g Manderin
½ ui gekap
stukkies amandelvlokkies

Kook broccoli net effens nie pap nie. Sit stukkies in slaaibak gooi gebraaide spekstukkies, druiwekorrels, kaasblokkies, ui, sampioene en manderinsegmente by, meng liggies.

SOUS:
125 ml suiker
1 teelepel mosterdpoeier
¼ koppie asyn
2 teelepels mielieblom
2 eiers
¼ koppie water

Meng alles goed, kook in mikrogolf tot dik. Roer kort kort, laat afkoel en voeg by 125 ml mayonnaise. Gooi bo-oor slaai.
Dit is ‘n ongelooflike mooi slaai in ‘n glasbak en baie lekker, ek maak dit al ‘n paar jaar.
Bron: Magda Augustyn