
WYN EN KOS PASMAATS
Watter wyn pas by watter kos?
Kossoorte wat na dekades se proe in die meeste gevalle sommer heerlik pas by die wynsoorte. Onthou, dieselfde wynsoorte kom nie altyd in dieselfde gehalte en style nie. ‘n Volswaar wyn of ligte wyn van dieselfde kultivar kan verskillend proe by dieselfde gereg. Hierdie is oor die algemeen die beste pasmaats.
Brand Inkvis
Warm brosgebraaide inkvis, chorizo, avokado, aioli en kersietamatie word geniet saam met Sauvignon Blanc
Bukettraube (wit wyn)
Droë wyn saam met gerookte koue vleis en slaai vol speserye. Soetwyn saam met nagereg en roomys. In die edel laatoes styl saam met matige bloukaas, patee, aarbeie met room. Bedien koud.
Cabernet franc (rooi wyn)
Beesvleis en enige ligte rooivleis en wildsvleis, asook voller visgeregte. Ander wat soms ook goed pas, is kwartel, hoender, ham en varkvleis. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)
Cabernet Sauvignon (rooi wyn) Continue reading




