Druk advokado fyn en voeg die res by.
Meng goed.
Heerlik!!
Resep: Lorraine Weitz Brand


LORRIANE SE AVOKADO DOOPSOUS
My seun het onlangs hierdie variasie van ‘n advokado doopsous gemaak. Dit was ERG lekker . . . so ‘n ekstra vars smaak . . . ek was eers ietwat skepties maar sal NOOIT weer dit op ‘n ander manier maak nie.
1 ryp advokado
2 stokkies seldery – fyn gemaal in menger
1 klein bakkie plein jogurt
Sout en Peper
2-3 druppels Tobasco sous
Druk advokado fyn en voeg die res by.
Meng goed.
Heerlik!!
Resep: Lorraine Weitz Brand


AVOKADO DOOPSOUS ALA BENHET
2 koppies avokado stukkies
125 ml mayonnaise
50 ml suurlemoensap
5 ml sout
1 ml swartpeper
1 knoffelhuisies fyn
1 klein uie
1 ml paprika
5 ml suiker
½ teelepel Aromat
Plaas al die bestanddele in versapper en versap tot dik en romerig.
Ek het gevind die “dip” proe die volgende dag nog beter!!! baie lekker!
Resep: Benhet Nieuwenhuis
Foto: Rina Kleinhans

TAMATIE EN SARDIENTJIEDOOPSOUS
112 g roomkaas
3 eetl mayonnaise
2 eetl vrugteblatjang
1 eetl gerasperde ui
3 eetl tamatiesous
3 fyn gedrukte sardientjies
Sout en peper na smaak
¼ teel fyn gekapte pietersielie
Meng alles saam tot dit romerig is, en bedien.

PYNAPPELDOOPSOUS
225g roomkaas
½ kp fyn gemaakte pynappel en stroop
¼ teel knoffelsout
1 teel kerriepoeier
Sap van halwe suurlemoen
Sout en knypie cayenne-peper
Meng alles saam en indien nodig gooi nog bietjie van die pynappelstroop by.
HEERLIKE DOOPSOUS
Ek het laas Saterdagaand by iemand gebraai en die lekkerste doopsous geeet. Ek het die resep sommer gevra. Dis so eenvoudig en vinnig, so ek moes net met julle deel.
Mayonnaise
gerasperde kaas
paprika
gedroogte pietersielie
Meng die bestanddele goed, proe en Viola! Smaak heerlik saam met enige skyfies.
Resep gedeel: Nadine Carstens


“COME BACK” SOUS
1 koppie mayonnaise
¼ koppie tamatie sous
¼ koppie chilli sous
1 teelepel mosterd poeier
1 teelepel uie poeier
½ teelepel knoffel poeier
2 teelepels worchestire sous
1 eetlepels growwe swart peper (of na smaak)
¼ teelepel tobasco sous
¼ koppie olyf olie
sap van 1 suurlemoen Continue reading→


“LIGTE BYT” PEPPER SOUSIE-DOOPSOUS
Sousie met so ligte byt, heerlik saam met hoender- en visvingers
BESTANDELE
3 groot ryp tamaties geskil
1 groot ui geskil en gekap
1 groot green pepper gekap
3 jalepino’s peppers
4 Bishops crown peppers
2 klein chillies (na smaak)
3 stukke sun dried tomatoes
5ml basil pesto
5ml coriander pesto Continue reading→

HUMMUS
Dit is ‘n smaak wat ‘n mens moet aanleer, maar heerlik as jy daaraan gewoond raak, ek dink dit is die komyn. Hier is ‘n eenvoudige resep:
Prep time: 5 minutes
15-oz. can garbanzo beans (chickpeas), drained, liquid reserved
2 garlic cloves, minced
1 tsp. ground cumin
1 tbsp. olive oil
1/2 tsp. black pepper
Combine garbanzo beans, garlic, cumin, salt, and olive oil in a food processor.
Blend on low speed, gradually adding reserved garbanzo bean liquid, until desired consistency is achieved.
Posted by Dalene Brits
Photo borrowed from Lesdee Gloak Bam
You cannot copy content of this page
