

AARBEIKOEK MET MELKSKOMMEL
Koek resep deur Susan Lochem
Geplaas deur Hermien Everts
FOOD LOVERS RECIPES
250 g margarien
375 ml stooisuiker
4 groot eiers
750 ml koekmeel
125 ml aarbeimoes
125 ml bessiesap(ek het by ww gekry)
250 drinkbare aarbei jogurt (ww)
25 ml bakpoeier
Klits margarien en strooisuiker tot lig en donsig voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed na elke byvoeging.
Sif droë bestanddele saam en vou om die beurt met nat bestanddele in by eierbeslag. Meng tot net gemeng.
Deel die deeg tussen 2 gespuite panne en bak by 180ºC vir ongeveer 40 min of tot toetspen skoon uitkom.






