ISABEL SE BOBOTIE
Lewer 6-8 porsies
Groep A
30 ml gemaalde gemmer
30 ml sagte bruinsuiker
15 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
2 ml peper
60 ml botter
5 middelslag uie ( of minder indien verkies)
Groep B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg gemaalde maer beesvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelkooskonfyt
30 asyn
30 ml worcestersous
30 ml tamatiepasta
Groep C
375 ml melk
2 eiers
Vars suurlemoenblare ( opsi0neel)
Plaas groep A, behalwe smeer en fyn gekapte uie, in n warm swaarboom pot en verhit dit goed sonder om te brand.
Voeg smeer by en roer tot gesmelt, soteer die uie by.
Druk die ergste water uit die brood en roer dit saam met res van groep B se bestanddele by die uiemengsel.
Kook die mengsel vir 20 min oor ‘n matige hitte en roer gereeld. Skep dit in ‘n oondbak.
Klits die melk en eier saam en giet bo-oor die vleismengsel. Druk hier en daar n suurlemoenblaar tregtervormig in die mengsel.
Bak in voorverhitte oond vir ongeveer 45 minute of tot gestol by 180ºC.
Verwyder blare voor opdiening en bedien met geelrys of slaai en blatjang.
Bron: Huisgenoot Wenresepte 3