
GROENTE-EN-GORTSOP MET LAMSKENKELS
FOOD LOVERS RECIPES
(8 porsies)
250 g skaapskenkels, in skywe gesny
2 uie, gekap
15 ml olie
3 liter water
250 ml perelgort, oornag geweek
4 groot wortels, gerasper
1 blik gekapte tamaties (410 g)
1.5 liter skaapvleis aftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60 ml fyngekapte vars pietersielie
gerasperde suurlemoenskil na smaak
Plaas die vleis, uie en olie saam in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot die uie sag is. Roer voortdurend.
Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Bedek en laat prut 1 ½ uur stadig. Skep skuim af terwyl sop kook.
Voeg die gort, wortels, tamaties en aftreksel by en verhit weer tot kookpunt.
Prut nou 1 ½ – 2 uur of tot die vleis van die been afval.
Skep die vleis uit, sny dit fyner, verwyder die bene en plaas die vleis terug in die sop.
Geur na smaak en roer die pietersielie en suurlemoenskil by.
Bedien warm.






