ISABEL SE BOBOTIE

ISABEL SE BOBOTIE
Hierdie resep kom uit die Wenresepte kookboek.
Groep A
30 ml gemaalde gemmer
30 ml sagte bruinsuiker
15 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
2 ml peper
60 ml botter
5 middelslag uie (of minder indien verkies)
Groep B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg gemaalde maer beesvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelkooskonfyt
30 asyn
30 ml worcestersous
30 ml tamatiepasta
Groep C
375 ml melk
2 eiers
vars suurlemoenblare (opsioneel)
Plaas groep A bestanddele, behalwe smeer en fyn gekapte uie, in ‘n warm swaarboom pot en verhit dit goed sonder om te brand.
Voeg die smeer by en roer tot gesmelt, voeg die uie by en soteer.
Druk die water uit die brood en roer dit saam met die res van groep B se bestanddele by die uiemengsel.
Kook die mengsel vir 20 min oor ‘n matige hitte en roer gereeld. Skep die mengsel in ‘n oondbak.
Klits die melk en eier saam en giet dit bo-oor die vleismengsel, rol die suurlemoenblare in ‘n tregtervorm en druk dit hier en daar in die mengsel.
Bak die bobotie in ‘n voorverhitte oond by 180ÂșC vir ongeveer 45 minute of tot gestol.
Verwyder die blare voor opdiening en bedien met geelrys of slaai en blatjang.
Lewer 6-8 porsies.
Nota: Joos Bergh – Ek het hierdie resep gemaak vir 60 gaste op Moedersdag en die resep met 6 verdubbel, baie lekker resep.
Resep getoets en foto: Joos Bergh