

OONDGEBAKTE SOUSKLUITJIE
(SLAAN NIE TOE NIE)
Resep geplaas deur Gerda Swanepoel
FOOD LOVERS RECIPES
Sous:
1,5 liter water
375 ml suiker
15 ml botter
5 ml kaneel
knippie sout
Deeg:
500 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
30 ml botter
2 eiers, geklits
125 ml melk
kaneelsuiker na smaak
Voorverhit die oond tot 150ºC.
Verhit sousbestanddele saam tot kookpunt en kook 3 minute.
Meng intussen die deeg:
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter met vingers daarin tot goed gemeng.
Meng eiers en melk, voeg by meelmengsel en meng tot deeg.
Gooi kokende stroop in ‘n groot diep oondskottel met ‘n deksel.
Skep dessertlepelsvol deeg in netjiese hopies in sous en doop die lepel elke keer in die warm sous voordat die volgende kluitjie geskep word.
Strooi ‘n bietjie kaneelsuiker bo‑oor, sit die deksel op en bak 40 minute.
Sit warm voor.
Lewer 6 ‑ 8 porsies.






