

KOFFIE EN PIESANGKOEK
125 ml (½ koppie) olie
375 ml (1 ½ koppie) strooisuiker
4 eiers
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
500 ml (2 koppie) koekmeel
2,5 ml (½ teelepel) bakpoeier
Knippie sout
2,5 ml (½ teelepel) koeksoda
7,5 ml (1 ½ teelepel) koffiepoeier
15 ml (1 eetlepel) warm water
125 ml (½ koppie) karringmelk
250 ml (1 koppie) fyngedrukte piesang
Stel oond op 180°C
Klits olie, suiker en eiers saam. Voeg vanilla by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Roer koeksoda, koffie en warm water bymekaar tot opgelos. Roer karringmelk en piesangmoes by.
Roer die meel en piesangmengsel om die beurt by eiermengsel tot goed gemeng.
Skep in twee gesmeerde en gevoerde 20 cm koekpanne en bak vir 25 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat goed afkoel voor versier word.
VERSIERSEL:
5 ml (1 teelepel) koffiepoeier
20 ml (4 teelepel) warm water
125 g (¼ blok) botter
750 ml (3 koppies) versiersuiker
20 ml (4 teelepel) sjokoladelikeur
Meng alles goed saam, en gebruik as versiersel.
Resep en foto: Anja Strauss







Geskuif