
HOE OM ROOM TE STABILISEER
Om te helpdat room langer vorm hou, probeer gerus die volgende.
1 liter vars room
2 teelepels gelatine
50 ml water
Meng die gelatine met die water en sit vir 10 sekondes in die mikrogolf, meng goed dat dit lyk soos stroop sonder enige klonte, moet lekker glad wees.
Klits die room tot amper styf in ‘n skoon mengbak. Gooi nou die gelatinemengsel met ‘n dun straaltjie by die room terywl jy die hele tyd klits tot die room mooi styf is en alles goed ingemeng is.
Nota:
Vir ‘n soeter weergawe kan ongeveer 3 eetlepels strooisuiker geleidelik bygevoeg word en ‘n teelepel vanilla geursel.
Gepos deur Rina Kleinhans
Frikkie Jones
Koue bak en klitser en so 45 ml melkpoeier by 1 liter room en dan klits jy hom net lekker saggies tot hy opgelos is en dan klits jy hom lekker vinnig styf. Hy bly dae lank styf in die yskas.






